39ste Oscar-toekenningsaand

  39ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 10 April 1967
Plek Santa Monica-burgerouditorium,
Santa Monica, Kalifornië
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  A Man for All Seasons
Meeste pryse  A Man for All Seasons (6)
Meeste benoemings  Who's Afraid of Virginia Woolf? (13)

Die 39ste Oscar-toekenningsaand is op 10 April 1967 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1966. Die aanbieder was vir die tiende keer Bob Hope.

Die suksesvolste rolprente van die aand was A Man for All Seasons en Who's Afraid of Virginia Woolf?, wat albei verwerkings is van verhoogdramas. Laasgenoemde se 13 benoemings was die enigste keer dat ’n rolprent benoem is in elke kategorie waarvoor dit in aanmerking gekom het.

Vanessa Redgrave en Lynn Redgrave is albei benoem vir beste aktrise. Dit was die eerste keer dat twee susters saam benoem is sedert Olivia de Havilland en Joan Fontaine in 1942.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne